Monday, July 19, 2010

SANDTON

Ek het laas week 'n shoot vir 'n tydskrif gedoen en moes features skiet van Sandton. 

Alhoewel dit vrek koud was tussen al die hoe geboue-was dit 'n belewenis. Dit is verstommend om te sien hoeveel geld nog in sekere areas van ons land is en hoeveel pakkies die mense in Sandton-square ronddra...nie net toeriste wat nog bietjie agterbly en kuier na die sokker nie, maar Suid-Afrikaners ook. Ek kon nie help om die vroue met hul mooi boots, designer outfits en jasse te beny nie, en het maar bietjie selfbewus gevoel in my denim en (fake) All Stars...maar nietemin is dit exciting om al die vooruitgang te sien. Ek het ook my eerste rit op die Gautrein gehad en sien uit na die dag wat ek my kar hier by Hatfield/Jhb CBD (afhangende waar ek myself dan bevind) te los en op die trein te spring oppad na 'n shoot...

Ek sit net so 3 fotos op omdat hul nog nie gepubliseer is nie:















No comments:

Post a Comment